Oor Ons

Wie is ons?

Zastron Gekombineerde Skool is een van die toonaangewende en leidende opvoedkundige instellings in die Vrystaatse Platteland, waar die normale akademiese kurrikulum aangevul kan word met gespesialiseerde landbou-opleiding. Ter ondersteuning van die onderrig- en opvoedingsprogram word ‘n gebalanseerde buite-kurrikulêre program van gehalte aangebied.

Ons Skool - Zassies
Zastron Gekombineerde Skool

VISIE

‘n Toonaangewende Gekombineerde Landbouskool in die Platteland wat waardegedrewe opvoeding en professionele onderrig by uitnemendheid aan leerders bied. Dit impliseer dat die omgewing se behoefte na gebalanseerde gemeenskapsleiers bevredig sal word deur die ontwikkeling van ons leerders se potensiaal deur middel van ons unieke onderrigomgewing.

MISSIE

Om Zastron Gekombineerde Skool uit te bou en te handhaaf as leier in opvoedkundige onderrig in die Platteland deur:

SKOOLLIED

Op Vrystaatsgrond aan Aasvoëlberg se voet;

In Oostergloor van son se môregloed;

Waar blou Maluti’s ver weg troon en wink en

silwerglans op berge naby blink

Waar heuwelgroen die goud van graan ombind,

Dis waar ons Alma Mater hom bevind.

Die Hoërskool van Zastron, ons skool, ja!

Die leuse “Facta Verba Non”, die dra

ons doel so vas, so sterk soos Bakenrots

die daad vir Land, vir Volk, vir God, ons trots

vir Land se bou ons Daad, vir Volk se trou ons Daad

vir God se eer getrou, getrou

Ons Daad, ons Daad !

Zastron Gekombineerde Skool
0 Jaar oud

2027 is ons 150!

0 Koshuise

0 Busroetes

Zastron Gekombineerde Skool