Landbou

Zastron Gekombineerde Skool bied aan leerders die geleentheid om vaardighede in landbou aan te leer. In graad 8 en 9 kan leerders Landboustudies as vak kies.

Daar word hard gewerk in die groentetonnel en hoofsaaklik op Hedroponika gefokus. Graad 10 – 12 leerders het ‘n keuse om al drie of sommige van die volgende landbouvakke te neem: Landbou Tegnologie, Landbouwetenskap en Landbou Bestuurspraktyk. Hierdie vakke gee aan leerders die geleentheid om landbou prakties te ervaar.

In die werkswinkel word daar sweis- en metaalwerk gedoen. Ons beskik oor ‘n kweekhuis en in die toekoms sal daar ook met braaikuikens en ander diere geboer word.

Landbouleerders word die geleentheid gebied om werkswinkels by te woon wat fokus op die praktiese komponent van boerdery.

Zastron Gekombineerde Skool
Zassies Gekombineerde Skool - Landbou
Vrystaatsgrond